Select Page

WAAR ONS OPVOEDING PRET MAAK

Opvoedpret bied u ‘n aanlyn platform waar waardevolle boodskappe en aktiwiteite ure se vermaak verskaf.

TEKEN NOU IN

EMOSIONELE INTELLIGENSIE

Kinders word bombardeer met gevoelens & emosies wat hulle nie altyd verstaan nie. Ons leer kinders hoe om hulle emosies te identifiseer, uit te druk en te hanteer.

h

SOSIALE VAARDIGHEDE

Sosiale vaardighede word as sleutelvoorspellers uitgelig vir beter uitkomstes in volwassenheid en is netso belangrik soos kognitiewe vaardighede. Kinders leer van kommunikasie, goeie gewoontes & maniere, entrepreneurskap, veiligheid, higiëne, vriendskappe en meer.

w

ALGEMENE KENNIS

Hier word inhoud baseer op CAPS temas.
Kinders leer oulike en interessante feite oor ‘n verskeidenheid temas onder andere diere, geld, seisoene, sintuie, Suid-Afrika en meer

HOEKOM OPVOEDPRET

 Daar is ondervind dat kleuters & peuters makliker waardevolle inligting en lessies leer en verstaan deur middel van stories. Kinders kan hulself vereenselfwig met karakters en leef hulle so in in die karakters se omstandighede dat hul nie sommer daarvan vergeet nie. Hoeveel nog te meer wanneer dit van Suid-Afrika se gunsteling kinderkarakters is.

Wanneer daar ‘n opvoedkundige geleentheid is vir ouers om iets belangrik oor te dra wat reeds bespreek is, is dit lekker om die kind altyd te kan herhinner aan die storie en wat ‘n karakter in so situasie gedoen het.

By opvoedpret bied ons dus opvoeding op ‘n prettige manier in die vorm van episodes deur karakters soos Lollos & Lettie, Buster & Bella, Klikkerland en meer, tesame met weeklikse aktiwiteite vir die verdere vaslegging van lesse.

Kinders tussen die ouderdomme van 3 en 9 jaar sal baatvind by die Opvoedpret program.

Word gerus deel van hierdie ongelooflike, holistiese, kinderontwikkelingsprogram.

SIEN MEER OP ONS SOSIALE MEDIA!

BONUS VIR OUERS

Opvoedpret vat hande met gesogte kenners in die kinderindustrie om sodoende ouers op te voed rondom kinderontwikkeling en om hul kinders beter te verstaan. Dit sluit werkswinkels en praatjies in aangebied deur onder andere Lynette Beer en Antoinette Steyn van EQ4Kids, Arette Burger, spelterapeut en eienaar van Buster en Bella en meer. Hulle praat oor kinder temperamente, intelligensie tipes, ouerskap uitdagings, boelies en ander belangrike onderwerpe.

HOE WERK DIT?

Kliek op die “sluit vandag aan” knoppie hieronder.

U sal na Payfast verwys word, waar u ‘n outomatiese debiet order vir R150 per maand instel.

Sodra u die betaling gemaak het, word u intekenaarskap bevestig.

Neem kennis: U benodig internet om toegang tot inhoud te kry. Karakters & kundiges word afgewissel oor verskillende maande en temas.

WAT PRESIES KRY EK?

– Eksklusiewe toegang tot aanlynbronne

– 2 episodes van minimum 25minute elk

– Minimum van 4 aktiwiteite per maand

– Kuns en inkleur tydens aktiwiteite

– Verskeie uitdagings vir die kinders

* BONUS: Wenke vir ouers van kundiges

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA

DIE KUNDIGES

Met insette van die volgende kundiges, het Opvoedpret ryk, opvoedkundige wortels en hou dit ‘n verskeidenheid van voordele vir u kind in.

Antoinette Steyn – Spreker, ouerskap berader en mede-ontwikkelaar en die eienaar van EQ4Kids.

Lynette Beer – Spreker, internasionaal erkende gedragspesialis, mede-ontwikkelaar en die eienaar van EQ4Kids.

Arette Burger – Spelterapeut: B.Soc.Sc (MA), Ontwikkelaar, Skrywer & Mede Eienaar van Buster & Bella.

|

WAT SÉ ALMAL?

Hou asb aan met jul wonderlike werk, jul maak almal ń verskil in ons kinders se lewens. 

Dankie vir wat jul vir ons kids doen in hierdie deurmekaar tyd!!!

Mamma geniet dit net so baie. Ons ken nog nie al die karakters so goed nie, maar hul het verseker ‘n nuwe bewonderaartjie bygekry.

Baie dankie. My dogtertjie geniet dit VREESLIK!!!

Dankie!! Ons het dit al ń paar keer vandag gekyk!!

Julle is vrek oulik. My seuntjie het die episode ongelooflik geniet vandag, ek dink hy het dit 20keer gekyk.